Friday, September 28, 2012

11 Year old wins for MAB


Wednesday, September 5, 2012

BURGER CRECHE RAPE


CAPE ARGUS STORY


BURGER STORY


BEELD STORY


VIR ’N GOEIE SAAK VAN HUL TROLLIE AF
Amanda Roestoff

Entoesiastiese inkopietrollie-renjaers spring weg vir die derde agtereenvolgende aanbieding van die inkopietrollieresies by Clearwater Mall. Die projek ten bate van liefdadigheid is deur die winkelsentrum en Roodepoort Tafelronde aangebied. Foto: NELIUS RADEMAN

Van oor die hele Wes-Rand het inkopietrollie-hardlopers verlede Sondag aangetree om aan die Tafelronde en Clearwater Mall in Roodepoort se jaarlikse inkopietrollieresies deel te neem.
Sowat 38 spanne het pret gehad met vanjaar se tema, “Hollywood Blockbusters”.
Dié projek is vanjaar vir die derde agtereenvolgende keer aangebied.
Geld wat met die projek ingesamel is gaan geskenk word aan Matla-a-bana, ’n kinderregte-organisasie, en die Gateway-gemeenskap.

R14 000 is vanjaar ingesamel, die grootste bedrag nóg sedert die ontstaan van die projek.
Deelnemers het R500 betaal om ’n span van vier lede in te skryf, wat om die beurt met ’n loods ’n roete van 2,8 km deur die parkeerterrein moes voltooi.

Danie Odendaal van die Tafelronde het gesê die winkelsentrum steun die projek elke jaar.
“Individue en sakeondernemings kan hiermee teruggee aan die gemeenskap,” het hy gesê.
“Dit is goed om te sien dat die gemeenskap nie net terugsit nie, maar betrokke raak by geleenthede soos hierdie,” het Lizel van Eeden, bemarkingsbeampte van Matla a Bana, gesê.
Dié organisasie gaan die geld onder meer gebruik om die Krugersdorp- en Roodepoort-polisiekantoor se kindervriendelike geriewe en traumakamers op te knap.

By die wegspringplek het die span van die Honeydew-polisiekantoor se blou ligte en sirene deelnemers in hul pasoppens gehad. Mandlachem het vier spanne ingeskryf, vir die tweede keer met die wentrofee weggestap én ’n derde plek behaal. Hul wenspan was die Ghost Riders, wie se loods, Gloria Taute (20), besoekers byna die skrik op die lyf gejaag het met haar Scream-masker.
Haar neef Aaron, ’n atleet, het die span gelei.“Ek hardloop al só van skooldae af,” het Aaron vertel nadat die span die afstand in minder as sewe en ’n half minute afgelê het.

Horizon Karate Centre het sewe waentjies ingeskryf en die prys vir die beste spangees ontvang, terwyl die Automark-span se uitbeelding van ’n sedanmotor die prys vir oorspronklikheid gekry het.
“Ons is oortuig volgende jaar gaan die trollieresies nóg groter wees,” het Odendaal gesê.

Tuesday, September 4, 2012

Comfort Packs Gauteng


Orlando FCS members -  Lieutenant Munyai & Warrant Officer Ramudzuli - collecting their packs.
Thank you to the Waterkloof Baptist Church who donated the goods and packed 550 comfort packs. These packs were donated to the SAPS FCS units of Sunnyside, Tembisa and Orlando who will give them to child abuse victims.

 

Monday, September 3, 2012

Trolley Race by kids for kids


Matla A Bana was represented in the annual Lions/Clearwater Mall trolley race, by a group of very excited kids (and for them running with a trolley was not a challenge). Thank you to beauty queens, Kayleigh Victor and Ghene Smith and the drivers, brothers Damien and Calvin De Gouveia for supporting our cause.